2026 admissions still open | Term 2 starts 7 April | Fees from R3000 per month | Enrol now

Ons leef in ‘n wêreld waar kinders voor ontbyt ‘n nuwe vaardigheid op YouTube kan aanleer, teen middagete ‘n virtuele wêreld kan verken, en voor aandete met vriende aan die ander kant van die wêreld kan gesels. Tegnologie het verander hoe ons leef, werk en dink – en tog lyk klaskamers steeds dieselfde.
Rye ongemaklike skoolbanke.
Lesse wat nie boeiend of inspirerend is nie.
‘n Een-grootte-pas-almal-benadering.
As ouers sien ons dit daagliks. Ons sien die opgewondenheid wanneer ons kinders iets nuuts aanlyn ontdek, maar ook die frustrasie wanneer skool nie byhou nie. Die wêreld verander vinnig, tegnologie ontwikkel voortdurend, en tog sukkel die tradisionele onderwysstelsel om tred te hou. Dit wys in huiswerk wat nie sin maak nie, en in handboeke wat lankal nie meer by ’n digitale leefwêreld pas nie.
“Onderwys kan nie meer eendimensioneel wees nie,” sê Lientjie Pelser, Hoof van Akademie by Teneo Skool. “Ons leerders leef in ‘n dinamiese, digitaal geïntegreerde wêreld en hul skoolervaring moet dit weerspieël. Daarom het ons ‘n leerplatform ontwikkel wat struktuur, buigsaamheid en ondersteuning kombineer, sodat elke leerder teen hul eie pas kan groei.”
Teneo Skool het nie bloot onderwys na ’n aanlyn formaat verskuif nie – die hele leerervaring is van vooraf herontwerp. Die Smart School System™ bring onderwysers, tegnologie en data saam om elke leerder te help om hul volle potensiaal te bereik. Dis leer wat betekenisvol, meetbaar én motiverend is.
Só werk dit:
By Teneo bly mense die kern van goeie onderwys. Ons gekwalifiseerde en betrokke onderwysers het diepgaande insig in elke leerder se sterk- en ontwikkelingsareas. Hulle vul elke les met lewe, kweek nuuskierigheid en stap saam met leerders in begrip en kundigheid, want die beste opvoeding begin altyd by mense met ’n opregte hart vir kinders.
Ons toekomsgerigte leerplatform kombineer kunsmatige intelligensie, gedragwetenskap,en spelgebasseerde leer om vordering deurlopend te meet en seker te maak dat leerders gemotiveerd bly. Dit help om kennisgapings vroeg te identifiseer, sodat daar betyds en doelgerig ingegryp kan word – met die regte ondersteuning, op die regte tyd.

Onderwysers, ouers en leerders het deurlopende toegang tot data oor vordering en betrokkenheid. Daar is geen raaiwerk of wagtyd tot die volgende rapport nie. Gesinne ontvang onmiddellike akademiese waarskuwings, terugvoer en herinnerings, wat ouers help om proaktief by hul kinders se akademie betrokke te bly.
Leer by Teneo is doelbewus ontwerp om leerders betrokke en gemotiveerd te hou. Inhoud word dinamies aangebied en aangepas vir verskillende leerstyle. Sigbare vordering, duidelike mylpale en betekenisvolle belonings help leerders om hul groei raak te sien en trots te wees op wat hulle bereik.
Hierdie benadering moedig leerders aan om gesonde leergewoontes te kweek en vol te hou. Met elke tree vorentoe bou hulle selfvertroue, bly hulle gefokus en raak hulle al hoe meer gemotiveerd om elke dag beter te doen.
Teneo se Smart School System™ is nie net slimmer nie. Dit is deur en deur bewys dat die stelsel beter uitkomste vir elke kind bied. Leerders se punte neem gemiddeld met 12% toe in die eerste jaar, en teen jaar vier is die gemiddelde verbetering 25%.
Leerders met selfgerapporteerde leerhindernisse of neurodiversiteit toon soortgelyke vordering, met ’n gemiddelde verbetering van 13% in die eerste jaar en 25% teen die vierde jaar. Trouens, 21% van Teneo se top 100 leerders met die grootste verbetering in 2025 het minstens één selfgerapporteerde leerhindernis.
Slaagsyfers verbeter dramaties ná slegs twee jaar by Teneo Skool, en leerders is 60% meer geneig om te slaag en meer as twee keer so waarskynlik om te slaag teen die vyfde jaar.

Hierdie resultate is die produk van intydse data, kundige onderrig en ‘n leeromgewing wat ontwerp is om te motiveer.
Elke Teneo-les word deur SARO-gekwalifiseerde onderwysers aangebied wat verstaan hoe elke leerder die beste leer. Ons onderwysers kombineer wêreldklas-onderrig met uitstekende digitale inhoud om leer interessant en pret te maak.
Weg is die dowwe, swart-en-wit bladsye van ou handboeke! By Teneo word leer aangevul met video’s, speletjies, vasvrae, virtuele laboratoriums en potgooie. Ons onderwysers omskep lesse in dinamiese en onvergeetlike ervarings. Elke les word opgeneem, sodat leerders dit weer kan kyk en hersien wanneer dit hulle pas.
Met akkreditasie deur die IEB, SACAI en Pearson Edexcel bied Teneo wêreldwyd erkende kwalifikasies, asook die buigsaamheid van regstreekse, gemengde en opgeneemde leerformate. Dit maak Teneo een van Suid-Afrika se mees gevorderde en inklusiewe aanlyn skole – van pre-primêr tot matriek.
Met meer as 3 500 suksesvolle matrikulante en 5 000 tans ingeskrewe leerders is Teneo Suid-Afrika se grootste toppresterende aanlyn skool, bekend vir van die hoogste slaag- en universiteitstoelatingsyfers onder alle aanlyn skole, tuisonderrig- en afstandsonderrigverskaffers.
In 2024 het 94,7% van Teneo se IEB-leerders en 89,2% van Teneo se SACAI-leerders ‘n diplomaslaag of hoër behaal, wat hulle kwalifiseer vir tersiêre studie. Ses van die 16 nasionale SACAI-topmatrikulante met ses of meer onderskeidings was Teneo-leerders, wat ook topposisies in Wiskunde en Engels behaal het.
Lees meer oor Teneo se uitstekende resultate hier.

Skool kan nie lyk soos gister in ’n wêreld van môre nie.
Teneo se Smart School System™ herdefinieer wat moderne skool kan wees: Buigsaam, slim en leerdergesentreerd. Soos Saul Geffen, hoof uitvoerende beampte van Teneo en stigter van die Smart School System™, dit stel: “Ons het premium privaat onderrig herbedink en verbeter om beter resultate vir elke kind – van enige vermoë – moontlik te maak.”
Onderwys behoort kinders nie net vir die toekoms voor te berei nie, dit behoort saam met die toekoms te ontwikkel.
Vind uit hoe om jou kind se buitengewone potensiaal te ontsluit.